wie is ons?

nuus!

sluit aan by praag!

donasies

roodt-geskrifte aanlyn

afrikanerforum

boekwinkel 

chronologie

menings

rubrieke

opstelle

resensies

poësie

satire

mediaverklarings

aksies

skrywers

abba

skakels

briewe

uit-BEELD

uit-RAPPORT

out-STAR

KRYT

tuis

 

               argief 1

                                                                                       argief 2

                 praagbesprekingslys op yahoogroups.com

                       word deel van die gesprek!  sluit aan by praag se gespreksgroep!  stuur 'n leë epos aan praag-subscribe@yahoogroups.com

of plaas 'n mening op ons gespreksforum

                                                               

Ek vergewe jou jou kortsigtigheid, Magda

Magda skryf: “Dit lyk my jy het nog nie die boodskap gekry nie... die NSA kon nooit werk nie en sal ook nooit nie, terwyl daar 'n blanke in die land is wat eiendom besit en een swarte wat dit nie besit nie, is dit 'n mislukking vir swartes. Dit was net 'n illusie om julle dom blankes gelukkig te hou terwyl die ANC blankes uitsuig soos 'n bosluis 'n ou brandsiek koei.”
Inteendeel Magda - 'n Bevredigende bedeling vir Afrikaners is juis 'n vereiste vir die NSA om te slaag. Die NSA hoef nie noodwendig op ons afgedwing te word nie. Dit gaan van ons afhang of ons vernuftig genoeg is om die omstandighede te bowe te kom. Indien nie, verdien ons om in die geskiedenis anale te verdwyn.
 

Tweedens beskou ek nie myself sodanig as 'n Blanke nie ― dis 'n ou uitgediende term van die Apartheidsera. Ek is 'n Afrikaner - of Boer dan as jy wil ― baie meer gekwalifiseerd as 'n Blanke. Verder is ek waarskynlik een van die min hier op PRAAG wat “nee” gestem het vir die NSA in FW se referendum omdat ek juis nie naïef genoeg is om my pêrels vir die varke te gooi nie.
 

Magda: “En om dit af te maak soos wat jy doen bewys maar net weereens aan my dat daar te veel mense is soos jy wat soos die joiners van ouds die vyand sal ondersteun want hulle is nog nie persoonlik geraak nie. Daar is 'n ou gesegde: “ the wise man learn from others experience, the fool learns from his own” ― kom ek belowe jou nou, tensy jy 'n paspoort in jou gatsak het SAL jy iewers in die toekoms betaal vir jou swakheid van gees. Maar my instink vertel my jy het lankal 'n manier uit, dus sal dit verklaar waarom jy hierdie houdingtjie kan bekostig.”
 

Ek vergewe jou jou kortsigtigheid en eng visie van Afrikaners in die buiteland, want ek is bevrees in baie gevalle is jy reg, maar daar is sommige wat die opoffering maak om familie in SA te help bemagtig, werk te verskaf aan Afrikaner arbeiders en te poog om 'n vasstrap plek in die besigheids wêreld te kry juis om 'n beduidende verskil te probeer maak, want as jy 'n leë maag het kan jy nie stry nie.

Joiner se Boer
Vaughn

boontoe